Intreepupil

’n Kameralens met ’n groot en klein lensopening. Die intreepupil is die beeld van die fisieke opening, soos gesien deur die voorkant van die lens.
Die oënskynlike ligging van die menslike pupil (swart sirkel) is die oog se intreepupil. Die pupil self is op ’n effens ander plek geleë as wat dit lyk vanweë die vergroting wat deur die kornea veroorsaak word.

In ’n optiese stelsel is die intreepupil die optiese beeld van die fisieke lensopening, soos gesien deur die voorkant van die lensstelsel. Die ooreenstemmende beeld van die lensopening soos gesien deur die agterkant van die lens, word die uittreepupil genoem. Optiese elemente voor die lensopening sal ’n vergrote of verkleinde beeld skep en die werklike grootte en posisie van die lensopening sal dus verskil van dit wat gesien word. Die intreepupil is net ’n virtuele beeld: dit lê agter die eerste optiese oppervlak van die stelsel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search